Tien Seuns wat ‘n Verskil gemaak het

R 90.00

Sal jy graag ʼn verskil wil maak? Die is wat hierdie seuns gedoen het toe hulle grootgeword het – maar die kerk moes eers verander word.  Hoe het die Here hulle verander?

Versending

Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.

Kategorie:

Beskrywing

Sal jy graag ʼn verskil wil maak? Die is wat hierdie seuns gedoen het toe hulle grootgeword het – maar die kerk moes eers verander word.  Hoe het die Here hulle verander?  Augustinus het die liefde van God ontdek en ʼn verskil gemaak in hoe ons daaroor dink. John Knox het op die Woord van God gefokus, en aan sy land die waarheid vertel. Martin Luther het God se waarheid herontdek en dit aan die gewone mense gegee.  Johannes Calvyn het besef dat verlossing ʼn gawe van God is en nie ʼn beloning vir wat hy gedoen het nie.  William Tyndale het verlang daarna om die Bybel te druk in ʼn taal wat almal kon verstaan. Hugh Latimer het mense aangemoedig om self die Bybel te lees en op dié manier baie vyande gemaak.  Johannes Hus het verkondig dat God die kerk en die wêreld regeer.  Ulrich Zwingli het mense uitgedaag om die Here op elke terrein van hulle lewe te gehoorsaam. Thomas Chalmers het die kerk opgeroep om die Here se medelye met armes uit te lewe en Lord Shaftesbury het by die kerk aangedring om die Here Jesus se liefde vir alle mense ʼn werklikheid te maak.

Lees hierdie boek en vind uit hoe jy ʼn verskil kan maak.