Tien Dogters wat met hulle Talente gewoeker het

R 90.00

Wat kan jy vir die Here doen? Hierdie tien dogters het grootgeword om suksesvolle vroue te wees. Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle veral gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik.

Versending

Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.

Kategorie:

Beskrywing

Wat kan jy vir die Here doen?  Hierdie tien dogters het grootgeword om suksesvolle vroue te wees.  Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik. Helen Roseveare het haar vaardighede as dokter gebruik om die waarheid van die Here Jesus na Afrika toe te bring.  Maureen McKenna het geleer om ʼn bus te bestuur en hawelose mense te versorg. Annie Lawson het haar tegniese kennis gebruik om vliegtuie in die lug te hou.  Harriet Beecher Stowe het ʼn boek geskryf wat die samelewing verander het.  Sarah Edwards het haar man in staat gestel om ʼn volk te verander.  Selina, Hertogin van Huntingdon, se invloed en wysheid het mense wat vervolg was, gehelp en die kerk bewaar.  Mildred Cable het haar avontuurgees gebruik om die Here se Woord te versprei.  Katie Ann Mackinnon se deernis het die lewens van babatjies gespaar.  Patricia St John het Christelike stories vir baie kinders geskryf.  Mary Verghese het bewys dat gestremdheid nie ʼn verhindering hoef te wees om na ander om te sien nie.