ʼn Eerste in Afrikaans!! Vir die eerste keer kan die biografieë van bekende Christene van oraloor, in Afrikaans gelees word.
Na baie jare in die Boekbedryf het die vertaalster agtergekom watter behoefte daar was aan biografieë in Afrikaans. Vertaalregte is aangekoop vanaf die oorspronklike uitgewers in Skotland.
Die eerste reeks kan self gelees word, of voorgelees word vir ouderdomme van 6 tot 13 jaar. Die “Tien Seuns” en “Tien Dogters” is saamgestel uit 10 hoofstukke met die lewensverhale van verskillende persone. Aan die einde van elke verhaal is daar interessante geskiedkundige of ander feite, iets om oor na te dink, ʼn les en ʼn kort gebed. Elke boekie eindig ook met ʼn vasvra.
Vir meer inligting of ander navrae, kontak ons gerus by marihanan@telkomsa.net.